Mirage III | |
---|---|
'n Israelse Mirage III
| |
Tipe | Onderskepvliegtuig |
Vervaardiger | Dassault Aviation |
Nooiensvlug | 17 November 1956 |
Vrygestel | 1961 |
Status | Beperkte gebruik |
Hoofgebruiker | Pakistanse Lugmag |
Vorige gebruikers | Franse Lugmag Israeliese Lugmag Koninklike Australiese Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1966-1992 |
Aantal gebou | 1 422 |
Weergawes | Atlas Cheetah |
Die Mirage III is 'n enkelmotorige supersoniese vegvliegtuig wat deur die Franse vliegtuigmaatskappy Dassault Aviation ontwikkel en vervaardig is in die middel-1950's.
Dit was die eerste Wes-Europese vegvliegtuig wat 'n spoed van Mach 2 in horisontale vlug oorskry het,[1]'n prestasie wat op 24 Oktober 1958 behaal is.[2] Die English Electric Lightning het dit op 25 November 1958 behaal.[3]
Die veelsydigheid van die ontwerp het Dassault in staat gestel om opleidings-, verkennings- en grondaanvalweergawes te produseer, sowel as die Dassault Mirage 5 variant te ontwikkel. Dit was 'n suksesvolle vegvliegtuig en is aan vele lugmagte ter wêreld verkoop, terwyl dit vir meer as twee dekades in produksie was. Tans is die Pakistanse Lugmag die grootste operateur van Mirage III vegters, met 75 vliegtuie wat nog in diens is.